Hoender Pasta Gebak.

hoender pasta gebakOond 180 gr C.  Braai 1 gekapte ui in bietjie olie. Voeg 4 k fyn, gaar hoender by en 100 gr bacon. Braai saam. Voeg 1 pakkie tamatiepasta by en roer deur. Voeg 1 blikkie gedreineerde ertjies by en ook 2-3 k gekookte, gedreineerde pasta. Skep in oondbak. Klits 250 ml room en 1 eier saam. Gooi bo-oor en sprinkel kaas oor. Bak vir 30 minute tot goudbruin.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos