Hoender Spesery Kerrie

Plaas 10 rou hoenderstukke in oondbak. Geur met hoenderspeserye. Meng vlg saam en gooi oor hoender: 1 k appael/lemoensap, 1 pakkie bruin uiesoppoeier, 1 hoogvol E heuning, 1 E suurlemoensap, 2 t medium kerriepoeier [ meer as jy van sterker kerrie hou] 2 t fyn knoffel, 1 gekapte ui en 1 stukkie heel kaneel. Marineer vir 1 uur en skakel oond intussen op 180 gr C. Maak hoender met tinfoelie toe en bak 1 uur. Verwyder foelie en bak verdere uur tot goudbruin en taai. Bedien met rys en slaai van jou keuse

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos