Tot Sy eer.
Search

Hoenderpastei met Tertkors

Ontbeen 1 gaar hoender. Braai 1 ui in dun skyfies gesny en ook een bakkie,250 gr, sampioene, gesny. Gooi hoender stukkies ook by en braai deur. Roer 1 pakkie sampioen soppoeier in 2 k melk en roer by hoender. Skep in diep oondbak. Gooi vlg Deeg bo-oor.  Deeg: Klits saam: 1 k koekmeel, 2 t bakpoeier, kwart t sout, 1 eier, halwe k olie en halwe k melk. Gooi bo-oor hoender en bak vir 30 minute tot goudbruin by 180 gr C.

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos