Tot Sy eer.
Search

Ideal-melk Sjokoladepoeding [foto geleen]

Oond: 180 gr C.   Klits 4 eierwitte styf en laat eenkant staan.  Meng saam: 375 ml bruismeel, 250 ml suiker, 2 ml sout.  Meng saam in beker: 125 ml canola olie, 125 ml kookwater en 60 ml kakao-poeier, roer alle klonte uit en roer by meelmengsel. Klits 250 ml melk en 4 eiergele saam en roer ook by. 5 ml vanillageursel [opsioneel]  Vou nou styfgeklitste eierwitte in. Skep in diep oondbak en bak vir 40 minute tot gaar. Gooi vlg sous oor as gaar:  Verhit1 blik Ideal melk en 200 gr blok sjokolade, in blokkies gebreek, tot sjokolade gesmelt is. [moenie kook] Bedien met roomys of vla.

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos