Ingelegde Kerrie Wortels

Sny 1 en 1/2 kg wortels in ringetjies en kook saam met 2 groot gekapte ui in 4 k soutwater tot wortels sag is.  Meng 3 k suiker, 2 k wit asyn en 1 E medium kerriepoeier en roer dit by wortels en kook deur.  Gooi 1 blikkie fyn pynappel of stukkies pynappel by wortels. Kook deur. Roer 4 E maizena met bietjie koue water en roer by wortels en pynappel.   Kook deur tot gaar en sous blink. Skep in gesteriliseerde bottels en draai toe.  Geniet as slaai by ete of by braaivleis.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos