Ingelegde Kwepers

Skil en kook kwepers in water met bietjie sout in vir 3 minute, dreineer kwepers.   Kook stroop van 2 k suiker en 1 k water, knippie sout en stukkie vars gemmer, so groot soos jou duim se kop, tot effe dikkerig. Pak warm, gedreineerde kwepers in gesteriliseerde potte en gooi stroop in. Draai potte toe en vee met nat lappie af.  Pas die stroop by hoeveelheid kwepers aan. As daar stroop oor is, vries in houer vir ‘n vlg keer.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos