Japtrap Nutty Wheat Broodjie.

Oond 200 gr C.   Gooi in mengbak: 6 k nutty wheat meel, 1 pakkie kitsgis, 1 t sout, 1 E bruinsuiker, 2 E olie, 500-750 ml lou-warm water.  Gooi ook sonneblom pitte in as jy wil. Roer met houtlepel deur. Tekstuur moet soos vrugtekoek deeg wees. Skep deeg in medium broodpan [gesmeer] en bedek met gesmeerde plastiek. Laat rys tot pan vol is, haal plastiek af en bak vir 1 uur tot gaar. Smeer kors met bietjie botter en keer uit op afkoelrak.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos