Jogurt Piesang Broodjie

Oond 180 gr C. Sif in mengbak: 2 en halwe k koekmeel, 4 t bakpoeier, kwart t sout. Vryf 80 gr sagte botter in. Klits 2 groot eiers, 1 k suiker en 1 k plein jogurt saam. Roer by droë bestandele. Roer 3 ryp, fyngedrukte piesangs in deeg en skep in gevoerde, gesmeerde broodpannetjie. Bak vir 50 minute tot gaar. Koel op afkoelrakkie af en bedien in snye met botter.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos