Jogurt Ringkoek

Oond 180 gr C.  Smeer of spuit ‘n rink koekpan.  Klits saam: 125 ml sagte margarine, 250 ml suiker, 2 eiergele en 1 en halwe t suurlemoen essens. Roer 125 ml plein jogurt in. Sif 375 ml koekmeel, 3 t bakpoeier en knippie sout by en vou in met lepel. Klits 2 eierwitte styf en vou by meelmengsel in. Skep in ringpan en bak vir 30-35 minute tot gaar.Laat 10 minute in pan staan en keer uit op draadrakkie. Koel heeltemal af en versier soos verkies.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos