Jogurt Tert

Maak 1 pakkie Tenniskoekies fyn en meng met 3 E gesmelte botter. Druk dit vas in ‘n tertbak en ook langs die kante. Maak 2 pakkies aarbei jellie aan met 2 k kookwater, roer goed tot opgelos, hou eenkant. Klits 1 yskoue blikkie Ideal melk styf en voeg 1 blik kondensmelk by, dan die jellie, klits goed deur en roer ‘n 500 ml houer aarbei jogurt in. Gooi in tertkors en verkoel in yskas. Enige geur jogurt kan gebruik word, kies dan net jellie wat daarby gaan.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos