Jonkmans Poeding

Oond 180 gr C.   Klits 2 k room en 3 eiers saam. Voeg 1 en halwe k suiker en1 t vanilla essens by. Klits goed. Voeg vlg droë bestandele by. 3 k bruismeel, kwart t sout, halwe t koeksoda en 2 t asyn. Meng goed deur en skep in groot, diep gesmeerde poeding oondbak. Bak 30-35 minute tot gaar. Bedien met dun vla.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos