Kaapse Hoender-kerrie

Braai 2 groot uie, in ringe gesny,  2 t fyn knoffel, 10 ml gerasperde gemmer, 5 ml borrie, 10 ml komyn en 10 ml fyn koljander.  Voeg 12 hoenderstukke by en braai deur. Voeg 2 kaneelstokkies by en 1/4 t rissiepoeier, 2 E tamatie-puree, en  300 ml kookwater. Prut saggies vir 30 minute.  Skil 3 aartappels, sny stukkies en voeg by. Kook nog 30 minute tot gaar.  Voeg 2 k gevriesde ertjies by as jy wil. Kook deur, voeg sout en peper by. Bedien op rys.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos