Tot Sy eer.
Search

Kaas-en-Blatjangskons

Stel oond op 200 C
Bestandele
3 koppies bruismeel
1 teelepel koeksoda
1 teelepel sout
6 eetlepels botter
2 koppies Lancewood-cheddarkaas
284 ml karringmelk
6 opgehoopte teelepels blatjang
Metode
Gooi bruismeel, koeksoda en sout in ‘n groot mengbak.Vryf botter met
vingerpunte in die mengsel tot growwe mieliemeeltekstuur.
Voeg kaas by maar hou bietjie eenkant.Giet karringmelk oor meng.
Keer die deeg oop ‘n meelbestrooide oppervlak uit en vorm ‘n sagte deegreghoek van 2,5 cm hoog met jou hande.Verdeel in 6 gelyke dele met ‘n mes en plaas entjie uitmekaar op ‘n bakplaat wat met bakpapier gevoer is.Maak ‘n holte in die middel van elke skon en skep teelepel blatjang in elk.Sprinkel kaas oor.Bak 15 – 20 minute in voorverhitte oond.
Lewer 6 blokke

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos