Kaas en Macoroni [Goedkoop]

Kook 1 pak macoroni soos aangedui op pak.    Oond 180 gr C.   Klits 6 eiers en voeg 1 t sout by, asook 1 E aangemaakte mosterd, 2 E vrugte chutney, 1 klein gekapte ui, 3 k melk, 1 k plein jogurt en 2 k gerasperde cheddarkaas.  Roer macoroni by en skep in diep oondbak. Sprinkel vars broodkrummels bo-oor en stip met klontjies botter.   Bak 50-60 minute.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos