Kaas Heuning Muffins

Oond 200 gr C.    Klits saam in mengbak: 1 eier, 80 ml melk en 80 ml olie. Roer 1 k bruismeel, kwart t sout en 1 k gerasperde kaas by. Skep deeg in gesmeerde holtes van muffinpan of in gesmeerde papier houers, en bak vir 15-20 minute. Skakel oond af. Pak muffins op plat bakplaat. Smelt 100 ml heuning en 2 E margarine, skep heuning en marg mengsel met lepel oor elke muffin. Plaas paar minute terug in oond. Bedien warm.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos