Kaasskons met Jogurt.

Meng saam: 1k volkoringmeel, 1 k bruismeel, 1 t koeksoda en 1 t sout. Meng 1 k gerasperde cheddarkaas by. Klits saam in beker: 300 ml plein jogurt, 1 eier en 2 E sonneblomolie. Maak deeg aan tot sag en hanteerbaar. Druk plat op meelbestrooide oppervlak en druk skons uit. Jy kan ook gekapte pietersielie byvoeg en jy kan selfs ‘n broodjie vorm op bakplaat. Plaas op gesmeerde bakplaat en bak vir 20-25 minute tot gaar.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos