Tot Sy eer.
Search

Kakao Rolkoek

Oond 235 gr C.   Klits 5 eiergele, 5 ml vanillageursel en 200 ml suiker goed saam.  Voeg 200 ml gesifte kakaopoeier geleidelik by terwyl jy klits.  Klits 5 eierwitte styf en vou liggies in kakao-mengsel in. Skep in gevoerde, gesmeerde roll-koekpan. Plaas in oond en skakel oond heeltemal af. Bak vir 12 minute.   Haal uit oond en keer uit op klam, skoon vadoek. Rol koek op met klam vadoek. Laat heeltemal koud word.  Vulsel: Klits 125 ml room styf en voeg 15 ml strooisuiker gelydelik by. Rol koek versigtig oop en smeer room oor. Rol weer versigtig op. Plaas op mooi opdienbord. Versier met room, flake-krummels, cherries.  Of sif kakao oor.

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos