Kamma Kentucky Hoender [geleende foto]

Klits saam in diep bak:  2 eiers,en 1 k melk.    Meng saam in ander wye diep bak: 2 t paprika, 2 t hoenderspeserye, 2 t knoffelsout, 2 k bruismeel.  Doop 8-10 hoenderstukke in droë mengsel, dan in eiermengsel dan weer in droë mengsel.  Bak in medium-warm,  diep olie tot ligbruin. Dreineer op kombuispapier en pak in oondbak.  Bak verder vir 1 uur by 180 gr C.  Draai stukke om na half uur.   Bedien met slapchips en slaai van jou keuse.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos