Kaneel Broskoekies

Oond 180 gr C.  Klits saam: 125 gr sagte margarine, 80 ml ligte bruinsuiker, 1 groot eier en 5 ml vanillageursel.  Roer 350 ml bruismeel en 2 ml sout by.   Maak aan met hande. Meng 50 ml ligte bruinsuiker en 5 ml fyn kaneel in bakkie.   Rol bolletjies deeg en rol in kaneelsuiker. Plaas op gevoerde, gesmeerde bakplaat en druk effe platter. Bak 12-15 minute tot gaar. Koel af op draadrak.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos