Karamel Gebakte Poeding

Bring net tot kookpunt in kastrol: 1 blik Idealmelk, 1 1/2 k suiker en 1 1/2 k melk, knippie sout en 1 t karamel essens. Gooi versigtig in diep oondbak.    Deeg: Klits saam: 2 E sagte margarine, 6 E suiker en 2 eiers. Roer 2 E appelkooskonfyt by.  Sif 8 E bruismeel, 1 t koeksoda en knippie sout en voeg by om beurt met 1 k melk. Roer 2 t asyn by. Skep beslag in stroop en bak vir 40-45 minute by 180 gr C.  Bedien met roomys of dun vla.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos