Karamel Kaaskoek Gebak

Oond 160 gr C.  Rol 1 pakkie Nuttycrust koekies fyn en meng met 50 gr gesmelte margarine. Druk vas in gesmeerde losboompan, 22 cm.    Vulsel: Klits saam: 125 ml suurroom, 500 ml gladde maaskaas, 1 blik karamelkondensmelk en knippie sout.  Voeg dire eiers een vir een by en klits na elke eier. Los 30 ml vlapoeier op in klein bietjie water en roer by ook 1 t karamel geursel of vanilla. Skep in kors en bak vir 45 minute. Skakel oond af en laat in oond staan vir 30 minute. Haal uit oond en koel heeltemal af. Plaas in yskas tot benodig.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos