Karamel Kluitjies

Kook stroop in groot kastrol: 1 en halwe k bruinsuiker, 2 E margarine, knippie sout, 2 k kookwater en 2 t karamelgeursel.   Deeg: Vryf 3 E sagte margarine in 1 en halwe k koekmeel, 2 t bakpoeier en kwart t sout. Meng tot sagte deeg met driekwart k melk. Redelike skepbare deeg. Skep lepelsvol in kokende stroop. Draai plaat op laagste hitte.. Plaas deksel op en kook saggies vir 20 minute, Bedien met roomys.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos