Karamel Koffie Koekies

Oond 180 gr C. Room saam: 250 gr sagte margarine en 185 ml versiersuiker en 1 t karamel geursel tot donsig en liggeel. Roer 1 E goeie sterk koffiepoeier by 3 E kookwater en meng dit by margarine mengsel. Roer 2 k bruismeel en knippie sout by. Rol balletjies en sit op gesmeerde, gevoerde bakplaat. Druk effe platter met vurk. Bak vir 12-15 minute tot gaar. Koel af op draad rakkie. Smelt 100 gr sjokolade in mikrogolf oond en drup met teelepel op koekies

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos