Tot Sy eer.
Search

Karamel Sjokolade Tert

Maak 1 pakkie Choc crust of Romany koekies fyn en meng met 2 E gesmelte botter en 1 t karamel geursel en druk vas in tertbak. Vulsel: Roer 1 blik karamel kondensmelk tot glad en skep bo-op tertkors. Smelt saam: 200 gr sjokolade, gekap, 180 ml room en 40 gr botter in glasbak bo-oor warm water tot gesmelt. Roer tot glad. Skep bo-oor karamel kondensmelk. Sit in yskas vir 4 ure voor bedien. Jy kan room rosies bo-op spuit of flake krummel en bo-oor gooi.

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos