Karamel Sjokoladekoek

Oond 180 gr C.    Plaas 195 gr botter, 410 ml water en 175 ml kakaopoeier in kasttrolletjie. Roer tot botter gesmelt is. Koel af tot louwarm. Sif 750 ml koekmeel, 1 t koeksoda, 3 t bakpoeier en kwart t sout  in ‘n mengbak. Voeg 3 eiers, 710 suiker en 190 ml karringmelk by kakaomengsel. Klits goed deur en roer by droë  bestandele tot glad. Deel tussen 2 gevoerde, gesmeerde koekpanne en bak vir 30 minute tot gaar. Koel heeltemal af op afkoelrakkies. Sny koeke horisontaal deur dat jy 4 lae het. Smeer karamelkondensmelk tussen lae en versier met sjokoladeversiersel.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos