Karamel Soet Patats

Smelt 3 E margarine en 1 en halwe k suiker tot ligbruin in diep kastrol. Roer 1 en halwe k warm water versigtig by, versigtig, dit spat. Skil 4 patats. Sny in dik skywe en gooi in soutwater. As stroop gereed is,  plaas patat in stroop. Voeg halwe t sout en 1 t fyn gemmer by. Kook saggies tot sag, gooi nog kookwater by as nodig. Gooi ‘n pakkie karamel kitspoeding by en laat deur kook.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos