Karamel-toffie Poeding

Verhit oond tot 180 gr C. Klits saam in mengbak: 4 E sagte botter, 1 k suiker, 4 groot eiers en 1 t vanilla geursel tot suiker gesmelt is. Sif 1 k bruismeel en kwart t sout by en roer deur. Skep in gesmeerde poedingbak en druk stukkies sagte karamel lekkers, in stukkies gebreek, in deeg. Bak vir 20-25 min tot gaar. Gooi vlg sous oor as uit oond kom. Sous: Verhit 1 k [250 ml] room en 10 sagte karamel toffies, tot gesmelt. Bedien met roomys of vla

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos