Tot Sy eer.
Search

Karibiese Hoender Kerrie

Braai 12 stukke hoender goudbruin in olie. Hou eenkant. Braai 2 uie en 2 knoffelhuisies, gekap, en 2 t fyn gekapte vars gemmer en 1 rooi soetrissie, gekap, in dieselfde pan, voeg by: 1 Plat E medium kerriepoeier, 1 t borrie poeier en 1 E koekmeel. Roer deur en voeg 1 blik klappermelk by. Roer 3 E sultanas by, Pak hoender bo-op en geur met sout na smaak. Prut 1 uur tot hoender sag is, voeg dan 1 blikkie pynappel stukke, dreineer, by. Kook deur, bedien met rys.

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos