Karringmelk Botterbroodjies

Genoeg vir 12-18 broodjies na gelang van pangrootte. Oond 200ºC. Bestanddele: 500 ml (2 kop) meel, 10 ml (2 teelepel) bakpoeier. 2,5 ml (1 teelepel) suiker, knippie sout, 125 g botter – koud gerasper, 190 ml (3 kwart koppie), ekstra gesmette botter vir bo-oor verf.

Voorverhit die oon tot 200ºC. Plaas die meel, bakpoeier, koeksoda, suiker,sout en botter in ‘n elektriese menger. Meng tot die mengsel soos sagte broodkrummels lyk. Gooi die karringmelk by en meng goed. Bedek hande met meel en vorm ‘n  platdeeg van sowat 3cm hoog opp meelbestrooide werkoppervlak. Gebruik ‘n koekiedrukker en vorm klein koekies. Plaas uitgedrukte deeg sowat 3cm uitmekaar op ‘n gesmeerde pakplaat en verf elkeen met botter. Bak 10-12 minute of tot ligbruin. Laat afkoel. Sny middeldeur en bedien met konfyt, kaas of gerookte hoenderskywe.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos