Karringmelk Sjokoladekoek

Oond 180gr C. Voer en smeer ‘n plaatkoek pan. Plaas alle bestandele in groot mengbak; 3 k koekmeel, 3 k suiker, 300 ml kakao poeier, 5 t bakpoeier, 1 t sout, 3 eiers, 1 en halwe k karringmelk, 1 en halwe k olie, 1 en halwe k warm water en 2 t vanilla geursel. Klits goed tot glad en romerig. Gooi deeg in pan en bak 40-50 minute tot gaar. Keer uit op draadrak en versier soos verkies wanneer koud. Ek verkies Karamel kondensmelk met flake stukkies bo-oor.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos