Karringmelk Sjokoladepoeding

Oond   180 gr C.     Sif saam in mengbak: 500 ml bruismeel, 2 ml sout, 2 ml fyn kaneel  en voeg 500 ml suiker by.  Verhit 250 ml water, 200 gr margarine en 125 ml kakaopoeier.  Koel af en roer by droë bestandele.  Klits saam : 2 eiers, 125 ml karringmelk, 5 ml koeksoda em 5 ml vanilla essens. Roer by deegmengsel.   Skep in diep gesmeerde oonbak.  Bak 35 minute tot gaar.   Gooi vlg sous bo-oor.  Sous:  verhit vlg bestandele: 250 gr versiersuiker, 125 ml kakaopoeier, 75  gr margarine en 80 ml karringmelk en knippie sout.    Bedien met roomys of dun vla.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos