Tot Sy eer.
Search

Kastrol Sjokoladekoek

Oond 180 gr C.   Plaas in groot kastrol: 100 gr sagte margarine, 1 k suiker, 1 blikkie kondensmelk, 100 gr, 1 plak, donkersjokolade, in stukkies gebreek en 100 ml kookwater. Smelt op lae hitte.  Roer tot glad en verwyder van stoofplaat.  Sif 2 k bruismeel, 5 hoogvol E kakaopoeier, 1/2 t sout saam. Roer by bestandele in kastrol.   Roer 1 t vanillageursel by. Verdeel die beslag tussen 2 gevoerde, gesmeerde koekpanne.  Bak vir 25-30 minute tot gaar.  Keer uit op draadrakkie. Maak versiersuiker aan.  Versiersel:  Klits saam in mengbak: 6 E sagte margarine, 3 k versiersuiker, knippie sout, 1/2 k kakaopoeier, 4 E warm water en 1 t vanillageursel.  Klits baie goed tot romerig. Voeg nog water by as versiersel te styf is.  Smeer tussen koeklae en ook bo-oor en rondom as verkies.  Krummel ‘n flake en sprinkel op.

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos