Kerrie-Eiers

Kook 6 eiers hard. Laat in koue water le.  Braai 2 uie, gekap, in bietjie olie.  Voeg 2 groot, ryp, gekapte tamaties by en ‘n halwe gesnyde greenpepper.  Braai tot sag en roer 1 t medium kerriepoeier by, 1 E asyn, 1 E tamatiesous en 2 t fyn appelkooskonfyt.  Kook deur tot dik sous. Dop eiers versigtig af en sny deur. Voeg by sous en roer deur. Bedien op toast of rys.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos