Kerrie Eiers

Kook 6 eiers en dop af. Sny in lengte deur en hou eenkant.    Maak sous: In kastrol, braai 2 groot uie, gekap, 1 geskilde, in blokkies gekapte aartappel, 2 t kerriepoeier en 2 E koekmeel. Roer by: 1 beef blokkie, opgelos in 350 ml kookwater en roer 1 E appelkooskonfyt by. Prut vir 20 minute op lae hitte. Roer af en toe. Voeg eiers versigtig by en kook deur.  Skep op gaar rys of bedien op rooster brood.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos