Kerrie Frikadelle

Meng vir frikadelle;  500 gr maalvleis, 1 eier, 1 dik sny brood in water geweek,1/2 t sout, 1 t fyn koljander en 1/2 t cumin. Maak bolletjies en pak in bakskottel.   Sous: Braai 2 gesnyde uie in bietjie kookolie, 2 t medium kerriepoeier, 1 t borrie, 2E appelkooskonfyr, 3 t suiker, 60 ml asyn, 2 gerasperde appels en 1/2 t sout. Meng 1 E meelblom/maizena in 1 1/2 k water en roer by. Kook deur en gooi bo-oor bolletjies.  Bak by 180 gr C vir 1 uur tot gaar en sous dik.  Bedien op spagetti of rys.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos