Kerrie Maalvleis [Grootmaat]

Sny 4 groot uie en braai tot sag in olie. Voeg 1 E medium kerriepoeier en 1 E borrie by, roer deur. Dan 5 kg maalvleis.  Roer deur met groot-tand vurk tot vleis nie meer rou is.  Roer 2 pakke gemengde groente by. Dan 1/2 k suiker, 1 k asyn, sout en peper na smaak. Voeg 2 k kookwater by en 2 beefblokkies.  Kook tot gaar, omtrent 1 uur.  Maak sous dikker met 2-3 E maizena.  Roer 1 k blatjang en 2 blikke baked beans by vir lekker romerigheid.  Bedien op rys.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos