Tot Sy eer.
Search

Kerrie Noedelslaai

Kook 3 k rou skroefie noedels. Dreineer en hou eenkant.  Braai 1 groen soetrissie en 1 rooi/wit  gekapte ui tot sag in bietjie olie.  Verlaag hitte en roer 1  blik fyngekapte tamatie,  30 ml kookolie, 125 ml asyn by.  Laat kook deur. Voeg nou 2 t  matige kerriepoeier, 1 t fyn borrie en 125 ml fyn appelkooskonfyt en 1/2 t sout by. Roer goed deur en kook saggies vir 5 minute.   Gooi oor pasta en verkil tot gebruik.

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos