Tot Sy eer.
Search

Kerrie Varktjops met Pynappel

Oond 180 gr C.  Braai 6 varktjops alkante bruin in pan met olie. Haal uit en pak in enkellaag in oondpan. Braai in dieselfde pan 1 gekapte ui tot sag. Voeg by: 2 t kerriepoeier, 1 t borriepoeier, 1 t gerasperde gemmerwortel. Braai vir 1 minuut. Voeg dan 1blikkie fyn pynappel, met sous en al by en 250 ml apple cider. Kook deur en roer 1 t mielieblom, opgelos in bietjie water, by. Kook deur. Skep sous oor varktjops en bak oop in oond vir 50-60 minute tot gaar. Bedien met rys en groente.

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos