Kerrievis 2

Sprinkel visspeserye oor 2 kg stokvis-stukke en rol in koekmeel. Braai in vlak olie tot net gaar en hou eenkant. Maak kerriesous: Kook 4 uie, in skywe gesny in soutwater vir 5 minute en gooi water af. Gooi vlg bestandele by: 2 E medium kerriepoeier, 1 t borriepoeier, 2 t gemengde speserye, 2 ml fyn naeltjies, 1 5 paprika, 1 t fyn gemmer, 1 t sout, 1 t mosterdpoeier, 500 ml asyn, 25o ml suiker, 250 ml soetwyn, 2 E blatjang 3n 2 E appelkooskonfyt. Kook saam vir 10 minute en skep lae met vis in glasbak. Eindig met sous. Bedek met kleefplastiek en plaas in yskas. Laat vir 2-3 dae staan voor gebruik.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos