Kerrievis

Bak 2 kg vis, gesout en met meel gesprinkel, in vlak olie. Moenie te droog bak. Dreineer op kombuispapier.  Maak kerriesous: Kook 3 uie, in ringe gesny, vir 2 minute in water. Dreineer en voeg vlg bestandele by: 2 t kerriepoeier, 1 t borrie, 2 t gemengde speserye, 1 t paprika, 1 t fyn gemmer, 2 t sout, 1 t mostertpoeier, paar swart peperkorrels, 2 k asyn, 1 k suiker, 1 k soetwyn, 2 E blatjang en 1 E appelkooskonfyt. Kook deur vir 10 minute. Skep oor lae vis in glasbak. Maak toe met kleefplastiek en laat vir 3 dae in yskas voor gebruik. [ As jy nie so soet wil hê, gebruik minder suiker, en as jy sous dikker wil hê. maak 1 t mielieblom aan met bietjie water en roer by sous.]

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos