Tot Sy eer.
Search

Kerrievis

Sprinkel visspeseserye oor 1 kg stokvis-stukke. Rol in bruismeel tot bedek en braai in olie tot net gaar.  Pak in diep glasbak.  Sous: Voeg al die vlg bestandele in groot kastrol: 1 K asyn, 180 ml suiker, 1 groot E vis-masala, 1 Groot E kerriepoeier, 1 groot E borriepoeier en 1/2 t sout.  Sny 6 uie in ringe en voeg by. Roer tot suiker opgelos is en prut dan vir 5 minute. Gooi so warm oor vis in glasbak en bedek met kleefplastiek.. Plaas in yskas vir 3 dae voor eet.  Draai elke dag vis om dat alle stukke bedek is met sous.

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos