Tot Sy eer.
Search

Kerrievis

Sprinkel vis speserye of gewone sout, oor 2 kg rou stokvis, jy kan ook snoek of kabeljou gebruik. Sprinkel koekmeel alkante en skud oortollige meel af. Bak in medium-warm vlak olie. Moenie te droog bak, veral as jy snoek gebruik. Dreineer op kombuispapier en hou eenkant.  Maak kerriesous; Kook 8 groot uie, in ringe gesny tot half sag, nie pap, gooi meeste van water af en roer vlg by; Meng saam: 1 k asyn, 180 ml suiker, 2 E medium kerriepoeier, 2 groot E vis masala, 2 E borrie poeier en 2 t maizena. Roer klonte uit en roer by uie, kook deur, as te dik, voeg bietjie kookwater by.  Skep van sous onder in glas bak en pak laag vis bo-op, dan laag kerriesous, dan weer laag vis en skep bo-oor laaste kerrie sous. Bedek bak met kleef papier.  Laat rus vir ‘n dag of twee in yskas. Jy kan ook rooi brand rissies in klein stukkies kap en by sous roer.

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos