Kersie en Korente/Sultana Broodjie

Oond 180 gr C.  Klits saam: 200 gr sagte margarine en 2 groot eiers. Roer 1 blikkie kondensmelk, en 1 k plein jogurt by ook 1 t vanilla geursel. Sif saam: 2  en halwe k bruismeel en 3 ml sout. Voeg halwe k gekapte glanskersies en 2 E korente of sultanas by meel, roer tot vrugte met meel bedek is en roer dan by eiermengsel in. Skep in gevoerde, gesmeerde broodpannetjie en bak vir 45-50 minute tot gaar.  Koel af op afkoelrakkie en sny in skywe vir bedien.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos