Kersie Rotskoekies

Oond 180 gr C.    Sif saam: 350 ml bruismeel, 1 ml sout, 5 ml gemengde speserye, Vryf 100 ml sagte margarine in meelmengsel.  Voeg 100 ml suiker en 500 ml klapper by, ook 1 t fyn gerasperde suurlemoenskil.  Klits 2 groot eiers en 50 ml melk. Roer by droë bestandele. Roer nou 100 gr rooi kersies, in kwarte gesny, by..   Skep teelepels-vol op gesmeerde bakplaat.  Sit stukkie kersie bo-op deeg.  Bak vir 20-25 minute.  Koel af op draadrakkie.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos