Kits Tuna Tert

Oond 180 gr C.  Verhit 250 ml melk, 1 E margarine en 1 dik sny witbrood tot kookpunt. Roer deur en haal van stoof. Voeg by: 1 blikkie tuna [dreineer] 2 groot eiers, 250 ml gerasperde kaas, 1 t bakpoeier, 1 gekapte, klein ui en sout na smaak. Meng deur en skep in gesmeerde oondbak. Sprinkel nog gerasperde kaas oor. Bak vir 30 minute.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos