Kitskors Pizza

In mengbak: 3 k bruismeel, halwe t sout, kwart k canola-olie en 1 k melk. Maak aan met hande tot hanteerbare deeg. Druk uit op gesmeerde pizzapan. Smeer bietjie tamatiesous, gemeng met bietjie tamatiepasta op deeg. Pak vulsel op. Bv:  Ham, tamaties, uie, pynappel en baie gerasperde kaas. Gebruik motzorella kaas bo-oor.  Bak by 200 gr C.  Sny dadelik in skywe en geniet.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos