Klam Brownies

Oond 180 gr C, Sif saam: 375 ml koekmeel, 2 t bakpoeier, 2 ml sout en 45 ml kakaopoeier. Voeg 375 ml suiker by. Klits saam: 3 groot eiers, 160 ml olie en 1 t vanilla. Meng liggies met droƫ bestandele en voeg 2 E gekapte sjokolade by. Skep in gevoerde, gesmeerde vierkantige koekpan. Bak vir 25 minute. Moet nog effe klam bo-op wees. Laat 5 minute in pan afkoel en haal versigtig uit pan en sny in blokke.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos