Klam donker Sjokoladekoek

Oond 180 gr C.    Klits saam: 2 k suiker, 6 eiers, 1 t vanillageursel en 1/4 t sout.   Voeg by: 2 k koekmeel,, meng goed deur.  Gooi 4 t bakpoeier bo-op mengsel, moenie inmeng nie. Voeg 4 hoogvol E kakaopoeier by, 1 1/4 k warmwater en 6 E kookolie.  Meng goed deur en skep in 2 ronde, gevoerde, gesmeerde koekpanne. Bak vir 30-35 minute tot gaar.    Keer uit op draadrakkie en koel heeltemal af.     Versiersel: Klits vlg saam met eierklitser: 3 k versiersuiker, 100 gr sagte margarine,1 k kakaopoeier, 100 ml warm water en ‘n knippie sout.  Klits tot “fluffy”   Smeer tussen en bo-op koek.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos