Klam Sjokolade koek

Oond 180 gr C. Voer en smeer 2 ronde koekpanne.  Klits 3 eiers tot liggeel. Gooi 375 ml sterk, warm koffie oor 100 gr donkersjokolade, in blokkies gebreek. Roer tot opgelos en roer 1 t vanilla geursel en 375 ml karringmelk by. Sif 625 ml koekmeel, 2 t koeksoda, halwe t bakboeier en halwe t sout saam, voeg 750 ml strooisuiker by. Stel klitser op laag en klits 180 ml canola olie stadig by eiers. Roer karringmelk mengsel by eier en olie en vou droë bestandele by. Skep in 2 koekpanne en bak vir 30 minute tot gaar.  Smeer caramel kondensmelk tussen lae en bo-oor.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos