Klam Sjokoladekoek

Oond 180 gr C. Voer en smeer 2 koekpanne, 22 cm.  Klits saam: 300 gr sagte margarine, 2 k suiker en 5 groot eiers en ook 1 t vanilla geursel,,,,,Sif saam: 3 k koekmeel, 150 ml kakao poeier 4 t bakpoeier, 1 t koeksoda en halwe t sout.  Roer meel om beurt met 1 en halwe k karringmelk by eiermengsel.  Deel beslag in die twee panne en bak vir 40 tot gaar. Koel koeke af op draadrakkie en sny elke koek versigtig deur met broodmes sodat jy 4 lae het.  Smeer 1 blikkie karamel kondensmelk en gewone sjokolade versiersel om beurt op lae, Eindig met sjok-versiersel, Pak cherries bo-op.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos